Die skedule:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid en Stef het ’n uitval en dit blyk die troue is van die baan.

18:30 Binneland (kykNET): Gustav raak histeries opgewonde toe ’n wêreldbekende fietsryer in ongevalle beland.

20:00 Bette! (e.tv): Bette oorreed Connie om ’n aand in die stad deur te bring en saam met enkellopende mans te kuier.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock probeer vasstel wie die oudste dogter ontvoer het van sy voormalige dwelmhandelaar, Rhys. Watson is bekommerd oor Sherlock.

22:00 Life (SABC 3): ’n Vrou word dood aangetref in ’n plas bloed by ’n tafel wat gedek is vir twee. Die ondersoek lei Crews en Reese na ’n ondersteuningsgroep vir lotery-wenners, die een meer eksentriek as die ander.

Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.