Sit terug, ontspan en vind uit wat vanaand op die kassie is.

17:05 Days of our Lives (SABC3): Sami weier om voor te gee dat sy met EJ getroud is.

18:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net Series Showcase): Ellen voer ’n onderhoud met Mark Wahlberg en gesels met die akteur Josh Hopkins.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno en Nthabi verskil oor die voorblad van die Times.

19:30 Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël se gas is sy jongste broer, Erik le Roux.

20:30 Under the Dome (M-Net): Big Jim neem sake in eie hande wanneer hy voel dat hy dalk sy mag verloor. Die Dome wys sy mag wanneer ’n lewe geneem word.

21:30 Desperate Housewives (SABC3): Carlos se brandwonde word ondersoek en die dokter sê dat hy dalk sy sig sal terugkry. Susan besef sy moet haar gevoelens vir Mike laat vaar sodat hulle met hul eie lewe met ander mense kan aangaan.

22:30 Nurse Jackie (M-Net): Jackie is senuweeagtig oor haar afspraak met Frank, die eerste ná haar egskeiding, en vra Zoey en Thor moet help.

Let asseblief op: Huisgenoot waarborg nie die juistheid van die inligting wat oor programme verskaf word nie, maar publiseer die inligting wat verskaf is in goeie trou. Netwerke mag hul programme na eie goeddunke verander.