Vrydag 22 Augustus

Predator 2 e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30 Dwelmhandelaars in Los Angeles word links en regs vermoor. Dit gebeur elke dag; dus is ’n speurder nie daardeur gepla nie. Maar wat van toe hy besef die moordenaar is eintlik ’n ruimtewese wat aarde toe gekom het? Senseless SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:30 ’n Sukkelende student probeer geld maak deur in te stem om eksperimentele medikasie te toets. Die newe-effekte sluit in verhoogde sintuie, en dit hy kan dit nie eintlik bekostig nie, want hy probeer ’n korporatiewe pos losslaan. Dredd M-Net (DStv-kanaal 101) 01:30 In die toekoms staan die polisie bekend as Judges – en hulle het die mag van ’n regter, jurie en laksman. Misdadigers verkoop ’n nuwe dwelmmiddel, maar hulle moet pasop, want die kwaaiste Judge is op hul spoor!

Saterdag 23 Augustus

Mulan 2 SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00 ’n Chinese meisie en haar verloofde moet een laaste toets slaag voor hulle mag trou: Hulle moet drie prinsesse veilig na hul troue vergesel. Dan is dit hulle beurt om die knoop deur te hak. Once Upon A Time In Mexico e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 Dit kitaarspeler in ’n mariachi-orkes verruil musiekinstrumente vir vuurwapens toe hy gehuur is om ’n politieke sluipmoord te keer. Hier is meer gewere as in ’n klein oorlog – en die klankbaan is nie te versmaai nie! Red Dawn M-Net (DStv-kanaal 101) 01:25 ’n Spul tieners bewapen hulle en speel klaar met die groep Noord-Koreaanse valskermsoldate wat hul klein Amerikaanse dorpie probeer oorneem. Dinamiet kom nie net in klein pakkies nie;  dit kom ook van klein dorpies!

Sondag 24 Augustus

Welcome To Mooseport e.tv (DStv-kanaal 194) 13:35 ’n Gewese Amerikaanse president kry ’n verrassing toe hy op ’n klein dorpie aftree en aan ’n burgemeestersverkiesing deelneem. Sy sterkste teenstander is die eienaar van die ysterwarewinkel! Angels & Demons e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 Die simbolekenner Robert Langdon is in ’n wedloop teen die tyd gewikkel om ’n sinistere komplot in die Rooms-Katolieke kerk stop te sit wat verband hou met ’n antieke orde, die Illuminati. Blykbaar is enigiets slegs hul skuld – foeitog. Pacific Rim

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Reuse monsters van ’n ander heelal val die aarde aan en ’n paar dapper soldate met reuse robot-pakke moet hulle stop. Laat die oorlog begin!