Vrydag 15 September

Conan The Destroyer e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30 Arnold Schwarzenegger is terug met sy lang hare, lendedoek en reuse swaard. Hy is reg om enige vyand te verslaan wat dom genoeg is om in sy pad te probeer staan. Hy is immers Conan, die wêreld se grootste kryger. Tower Heist SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:30 Ben Stiller en Eddie Murphy span kragte saam as ’n paar hotelwerkers wat deur ’n finansiële kenner ingeloop word. Hoe gaan hulle hul spaargeld van die skurk terugkry? Dis maklik: Hulle gaan by sy dakwoonstel inbreek en alles daarin steel, insluitend sy spogmotor. Big Trouble In Little China e.tv (DStv-kanaal 194) 22:35 Kurt Russell is kniediep in die aksie en speel ’n vragmotorbestuurder wat in ’n bonatuurlike geveg in Little Chinatown in San Francisco betrokke raak! En hy het ’n mullet [wdb. sê mul?] – formeel aan die voorkant en loslit agter!

Saterdag 16 Augustus

The Hunchback Of Notre Dame SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00 Ja, die eeue-oue verhaal van die sosiale verstoteling wat die skoonheid red wat deur die skurke geteister word. Gaan hy haar kan red en steeds die dorp se klok betyds kan lui? Maar natuurlik! Oz: The Great & Powerful M-Net (DStv-kanaal 101) 17:00 James Franco speel ’n kulkunstenaar wat mense inloop. ’n Tornado pik hom op en los hom in die towerland Oz. Daar ontwikkel hy ’n gewete en besef hy moet ’n goeie ou wees en sy streke laat staan. Maar dit kan hy net so ’n uur op ’n slag doen. . . Madagascar e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 ’n Leeu, seekoei, sebra en kameelperd ontsnap uit die New York-dieretuin beland op ’n skip op pad na Afrika. Toe hulle amper daar is, word hulle op Madagaskar gestrand saam met ’n koning-lemur en sy groep.

Sondag 17 Augustus

Bee Season e.tv (DStv-kanaal 194) 12:00 Sy huwelik is aan die verbrokkel, dus fokus ’n man sy aandag op sy dogter, wie se doel in die lewe dit is om ’n spelkompetisie te wen. Oulik verby. Taken e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 ’n Gewese CIA-agent verloor kop toe terroriste sy dogter ontvoer. Weet hulle ooit watter perd hulle opgesaal het? Duidelik nie! Liam Neeson vaar goed as ’n aksieheld. Captain Phillips

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Tom Hanks vertolk die rol van die kaptein van ’n Amerikaanse vragskip. Wat is so spesiaal daaromtrent? Sy skip word oorgeneem deur Somaliese seerowers wat genoeg wapens y hulle het om ’n oorlog te begin.