Vrydag 8 Augustus

Conan the Barbarian e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30 Dit is die rol waarmee Arnold Schwarzenegger naam gemaak het. Hy speel ’n kryger wat nie veel praat nie. Pleks daarvan swaai hy sy groot swaard rond en vernietig die leër wat sy grootworddorp oorval en geplunder het. Voorwaar ’n goeie fliek! What Women Want SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:30 Mel Gibson dra grimering, pas broekiekouse aan en het dan ’n ongeluk in die bad. Toe hy wakker skrik, kan hy hoor wat vroue dink, wat wonderlik is vir sy werk in die reklamebedryf. Maar dit is ’n skok vir hom toe hy uitvind wat die skoner geslag van hom dink. This Is The End M-Net (DStv-kanaal 101) 01:30 Of jy hom haat of dol is oor hom, James Franco ken van goeie komedies maak. In hierdie een breek die Eindtyd aan net toe hy ’n partytjie gooi om met sy nuwe huis te spog. Gaan James en sy vriende oorleef of breek die hel los en verander die aarde in, wel, die Hel?

Saterdag 9 Augustus

Escape From Planet Earth M-Net Satelliet (DStv-kanaal 101) 06:00 ’n Superheld uit die buitenste ruim doen die regte ding en reageer op ’n noodoproep van die aarde. Maar dit is ’n lokval en hy word Area 51 toe geneem om ontleed te word. Ten minste is sy ondersteuningspan op pad om hom te red. Op ’n manier. . . Iron Man 3 M-Net Satelliet (DStv-kanaal 101) 17:00 Tony Stark is terug en hierdie keer het hy nie net ’n pakhuis vol Iron Man-pakke nie; hy moet ook twee skurke die stryd aansê. Die een wil net alles opblaas, net soos ’n regte terroris betaam. Die ander het die wetenskap gebruik om hom in ’n reuse, onstuitbare, plant-agtige supermens te omskep. ’n Tipiese dag vir Tony. Date Night e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 Steve Carell en Tina Fey kielie die lagspiere as ’n paartjie wie se huwelik heelwat afgekoel het, te veel na hul sin. Om ’n bietjie lewe in hul huwelik te blaas, gaan hulle op ’n afspraak en word aangesien vir ’n paartjie wat ’n baie gevaarlike man verraai het. Nou wil ’n spul gevaarlike mense hulle dood hê. . .

Sondag 10 Augustus

Beowulf SABC3 (DStv-kanaal 193) 14:30 Die kryger Beowulf ruim ’n Deense dorp se twee vyande uit die weg. Eerste is die afskuwelike monster Grendel, wat inwoners al jare lank doodmaak. Erger nog, Beowulf moet Grendel se ma veg. En sy is heelwat mooier as haar seun, maar is ook gevaarliker. Babylon AD e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 Dit is ’n Vin Diesel-fliek, dus hoef jy nie baie dinkwerk te doen nie. Hy speel ’n huursoldaat wat ’n spesiale meisie van Rusland na New York moet neem – en die mensdom se oorlewing hang daarvan af dat sy veilig daar aankom. Despicable Me 2

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Gru het die lewe van ’n superskurk verruil vir konfyt maak en ’n huislewe met die drie meisietjies wat hy aangeneem het. Daar is net een probleem: Daar is ’n nuwe skurk en dié het ’n superwapen gesteel. En Gru is al een wat hom kan keer.