Vrydag 25 Julie

Mirror Mirror M-Net (DStv-kanaal 101) 09:30 Julia Roberts speel die bose koningin die dié verwerking van Sneeuwitjie. Sy wil die Sjarmante Prins se hart wen en haar hande op sy goud kry om haar koninkryk te red, maar daar staan een mens in haar pad: haar eie stiefdogter! Speed 2: Cruise Control e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30 Sandra Bullock is terug en weer in ’n wedren teen die tyd gewikkel. Dié keer is sy op ’n gekaapte passasiersboot. En sy en haar polisieman-kêrel is die passasiers se enigste hoop. Warm Bodies M-Net (DStv-kanaal 101) 03:20 Net omdat jy ’n zombie is, beteken nie jy kan nie verlief raak nie, of hoe? Nie wanneer jy Nicholas Hoult is nie – hy red ’n meisie van ’n zombie-aanval en hulle skuil saam in sy wegkruipplek, terwyl hulle ’n potensiële geneesmiddel vir die zombie-plaag vind.

Saterdag 26 Julie

Twilight – Breaking Dawn Part 2 M-Net (satelliet – DStv-kanaal 101) 17:00 Edward en Bella verwag hul eersteling en steek van die res van die wêreld weg sodat hulle die hibriedbaba die wêreld kan inbring. Maar is dit genoeg om die Volturi-vampierraad te oortuig om die baba se lewe te spaar? Die nuwe ouers hoop van harte so. . . Jumper e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 ’n Tiener wat vir die wêreld kwaad is, leer hy het supermagte en kan deur tyd en ruimte beweeg. Wat doen iemand met sulke magte? Veroorsaak chaos, beroof banke, eintlik net wat hy wil – want niemand kan hom keer nie. Wel, behalwe die bose bende wat hom probeer doodmaak. . . Fast & Furious 6 M-Net (DStv-kanaal 101) 01:30 Londen, hier kom ons! Dié keer moet Dom en sy jaers na die Verenigde Koninkryk reis om ’n bende vas te trek wat groot maatskappye beroof. En as die span die taak voltooi? Hul kriminele rekord word uitgewis en hulle kan terugkeer na die VSA.

Sondag 27 Julie

Joe Somebody e.tv (DStv-kanaal 194) 13:50 ’n Welmenende ou genaamd Joe word voor sy dogter aangerand. En dis toe Joe besluit tot hiertoe en nie verder nie – dis tyd om terug te veg! Lara Croft Tomb Raider: The Cradle Of Life e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00 Angelina Jolie is terug as die gewilde karakter van die Tomb Raider-videospeletjies. En dié keer kom sy te staan teen ’n bose wetenskaplike wat Pandora se Boks soek – en as hy dit in die hande kry, sal hy onuitspreeklike chaos kan saai! Man Of Steel

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Superman het ’n nuwe uitrusting, haarstyl en storie. Ten minste lyk die Britse akteur Henry Cavill soos Superman! Dit is tyd vir die Man van Staal om die aarde te beskerm teen ’n bose militêre leier van Krypton op die oorlogspad wat die aarde wil oorneem en in Krypton wil verander.