Vrydag

Speed

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Dit is waar alles vir die Hollywood-sterre Keanu Reeves en Sandra Bullock begin het. Hy is ’n polisieman en sy bestuur ’n bus waar daar ’n bom aan vasgemaak is. Die probleem? As hulle stadiger as 60 m/h beweeg, gaan die bom ontplof.

Sin City

SABC1 (DStv-kanaal 191) 22:00

Basin City is nie meer wat dit eens was nie – dit loop deur onder misdaad, is vuil en neerdrukkend. Dit is net nie ’n lekker plek om te wees nie. Maar dit beteken nie ons held gaan ophou soek na die mense wat die liefde van sy lewe vermoor het nie.

The Hangover Part 3

M-Net (DStv-kanaal 101) 01:30

’n Bietjie komedie is altyd lekker wanneer jy laatnag wakker is. In die derde aflewering in die Hangover-reeks gaan Alan en die ander namens ’n gevaarlike bendelid op ’n sending in Las Vegas. Hul taak? Om Mr. Chow te vind, wat uit die tronk ontsnap het.

Saterdag

Beethoven’s 4th

SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

Wat is erger as ’n reuse hond? ’n Reuse hond wat nooit uit die moeilikheid kan bly nie. Roep die kinders – so kan jy hulle wys hoekom ’n Sint Bernard soos Beethoven nie ’n goeie troeteldier maak nie!

Spy Kids 3: Game Over

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

James Bond laat spioenasiewerk sexier lyk as wat dit regtig is. Soms moet jy inspring en  jou spioen-suster red nadat sy iets doms gedoen het – soos om deur ’n nuwe superskurk in ’n videospeletjie vasgevang te word.

2 Guns

M-Net (DStv-kanaal 101) 01:30

Die Amerikaanse regering hou hul bedrywighede hoogs geheim. So geheim dat twee agente albei gelyktydig dieselfde gewelddadige dwelmsindikaat probeer binnedring, alig onbewus van mekaar. Maar dinge loop skeef en die twee slaan saam op vlug.

Sondag

The Company You Keep

M-Net (DStv-kanaal 101) 04:55

’n Gewese aktivis wat in die moeilikheid beland het, steek hom al jare weg. Maar dan daag ’n joernalis op, ontdek sy identiteit en maak dit bekend. Nou moet ons aktivis-held vlug van die skurke wat hom wil doodmaak.

The Tourist

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Johnny Depp het Jack Sparrow laat staan en speel nou ’n Amerikaanse toeris in Venesië. Daar is ook ’n opportunistiese swendelaar wat die polisie probeer ontwyk en arme Johnny in haar kat-en-muis-speletjie gaan gebruik.

Thor: The Dark World

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Die Noorse dondergod is terug vir nog aksie. Nie net moet hy sy geliefde meisie red nie, Thor moet ook die hele aarde red van ’n vyand wat ’n supermagtige wapen het, en hy skrik nie om dit te gebruik nie.