Vrydag

Volcano

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Tommy Lee is tawwe Tienie. Hoe so? Hy skrik vir niks, nie eers ’n vulkaan wat in die middel van Los Angeles verskyn en Rodeo Drive onder lawa bedek nie!

Open Season 2

SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:00

Jy kan deesdae ’n animasiefliek agter elke bos uitskop, maar is hulle slim? Dié een is – en dit beteken jy kan sien hoe ’n takbok en ’n beer hul ontvoerde worshond-pel Mr. Weenie in die voorstede moet gaan red.

Barricade

M-Net (DStv-kanaal 101) 03:40

’n Bietjie laataand-skrikmaak! Dié keer neem ’n psigiater sy kinders na ’n hut in die woud om te herstel ná sy vrou se dood. Maar raai wat? Hulle is nie alleen nie!

Saterdag

Race To Witch Mountain

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

The Rock bring heelwat spierkrag na dié fantasie-avontuur oor ’n taxi-bestuurder inlas Vegas wat twee kinders beskerm van ruimtewesens wat die heelal wil oorneem.

Epic Movie

e.tv (DStv-kanaal 194) 22:05

Dit is tyd vir lag in hierdie skreeusnaakse parodie-fliek. Vier weeskinders probeer uit die bose Willy Wonka se sjokoladefabriek ontsnap deur ’n hangkas soos in The Chronicles of Narnia. Toe bevind hulle hulle eers in die moeilikheid.

The Host

M-Net (DStv-kanaal 101) 03:20

Ruimtewesens is hier en hulle het parasiete wat die mens se brein beheer! Die enigste ding tussen hulle en wêreldwye oorheersing? ’n Tiener wat met die parasiet bevriend raak en die ruimtewesens se planne in die wiele ry.

Sondag

Invictus

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Dit is 1995 en Suid-Afrika word voor die wêreld se oë verenig deur twee mans: die Springbok-rugbykaptein Francois Pienaar en die nuwe staatspresident, Nelson Mandela. Die Hollywood-sterre Matt Damon en Morgan Freeman vertolk die rolle.

The Wolverine

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Hugh Jackman is terug in sy gunstelingrol, Wolverine. Dié keer reis hy terug in tyd na Japan om die man te groet wat tydens die Tweede Wêreldoorlog sy lewe gered het. Ja, dis hoe oud Wolverine is!

Master & Commander: The Far Side Of The World

e.tv (DStv-kanaal 194) 21:50

Brittanje kom teen Frankryk te staan: twee vlootbevelvoerders sê mekaar op die oop see mekaar die stryd aan. So, wie gaan die ander se skip kan opblaas? Ons staan bankvas agter die gladiator Russell Crowe!