51O6ikNyfkL

Vrydag

The Amazing Spider-Man

M-Net (DStv-kanaal 101) 09:30

Andrew Garfield het die leisels oorgeneem as Spidey, nou hy moet nou meer uitvind oor sy oorlede ouers. En wie kan dan nou beter help as die man agter hul dood – hul gewese vennoot wat nou ’n reuse mutant-akkedis is!

The Negotiator

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Hulle is veronderstel om jou te beskerm, maar jy weet nooit wanneer dinge vir ’n polisieman te veel gaan raak nie. In dié fliek word ’n onderhandelaar vals van ’n misdaad beskuldig. Nou probeer hy sy naam skoon kry – deur gyselaars aan te hou om tyd te wen.

The Illusionist

SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:00

Soms is die liefde van jou lewe buite jou bereik. Maar as jy ’n towenaar soos Edward Norton se karakter is, kan jy letterlik iets in die mou voer om jou beminde se oog te vang. Gaan dit in dié romantiese drama werk? Daar is net een manier om uit te vind. . .

Saterdag

Prince of Persia: The Sands of Time

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Onthou jy daardie rekenaarspeletjie uit die 90’s waar jy ’n prins van Persië op ’n avontuur gespeel het? Wel, hier is dit op die grootskerm, kompleet met reuse skerpioene, dolle aksie en ’n pragtige prinses – maar gaan dit genoeg wees om sy vyand te keer voor hy die tyd terugdraai om die toekoms te verander?

Old School

e.tv (DStv-kanaal 194) 02:15

Is jy in die vroeë oggendure wakker en smag jy na ’n lekker komedie? Will Ferrell, Vince Vaughn en Luke Wilson is op hul beste as ’n groep in hul 30’s wat weer universiteit toe gaan om hul jeug te herleef.

Sondag

Millennium Mencae

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Leon Schuster vang die niksvermoedende Suid-Afrikaanse publiek met ’n slap riem. Al dink jy dis flou en mense moet dié grapjas gouer herken, kan jy nie anders as om te lag nie!

Oblivion

M-Net (DStv-kanaal 194) 20:05

Tom Cruise is weer op sy beste met dié wetenskapsfiksiefliek. Hy speel ’n werktuigkundige wat die toekoms ingestuur word om reuse masjiene in stand te hou wat die laaste minerale hulpbronne uit die aarde ontgin. Maar dan vind hy die waarheid oor sy sending uit en alles verander.

Pawn

M-Net (DStv-kanaal 194) 00:10

Drie lomp rowers probeer ’n klein eetplekkie beroof. Min weet hulle dit is eintlik die plaaslike Mafia se hoofkwartier. Verwag koeëls, vuiste wat klap en hope aksie!