Vrydag

Despicable Me 2

M-Net 09:30

Hier is een vir jou en die kinders – die superskurk Gru het die drie meisies aangeneem en help die skurk-liga toe hul nuwe, geheime wapen uit hul hoogs geheime laboratorium gesteel word.

Die Hard

e.tv 20:30

Dis die begin van ’n silwerdoek-ikoon wanneer Bruce Willis sy bekende John McLane-rol aanneem in die eerste Die Hard-rolprent. Daarin kry die polisieman John die kans om sy vrou te red wat in haar kantoorgebou gyselaar gehou word.

The Getaway

SABC3 21:30

’n Meestermisdadiger wil seker maak hy ontsnap om die regte redes uit die tronk en vra sy vrou moet hom ’n nuwe werk gee voor hy bereid is om uit te kom.

Saterdag

Monsters vs. Aliens

e.tv 20:00

’n Vrou verander in ’n reus toe ’n meteoor haar troue tref. Die Amerikaanse regering plaas haar in ’n span superhelde wat misdaad beveg en die aarde moet beskerm.

The Fan

e.tv 21:55

’n Bofbal-ster se geluk droog op en hy verval in ’n groef. Wat doen sy grootste aanhanger om hom te help? Hy ontvoer die speler se seun en dreig om hom dood te maak as die insinking nie end kry nie.

World War Z

M-Net 00:30

Zombies, zombies oral! En dit hang van Brad Pitt af om die vinnige, breinvretende, ondooie monsters te stuit wat die wêreld oorneem.

Sondag

Escape From Planet Earth

M-Net 05:30

’n Ruimtewese kom aarde toe om ’n noodsein te reageer. Maar dan ontvoer die Amerikaanse regering hom en stuur hom vir toetse na Area 51. Ten minste kan hy vertroosting vind  in die wete dat sy span op pad is om hom te red.

Twilight: Breaking Dawn Part 1

M-Net 10:00

Die glinsterende vampier Edward Cullen en sy babamamma, Bella, kry hul dogter. Maar hulle moet skuil van die Volturi-vampierraad wat hul hibriedkind wil dood hê.

Star Trek

e.tv 20:00

Chris Pine speel Captain Kirk wat die Melkweg moet beskerm teen ’n woedende Romula-myner van die toekoms.