Vrydag

Thor: The Dark World

M-Net 09:30

Die dondergod Thor word verplig om na die aarde terug te keer toe ’n antieke mag beheer neem van sy meisie. Erger nog, hy moet saamwerk met die man wat sy pa verraai het: sy halfbroer, Loki.

Under Siege 2

e.tv 20:30

Steven Seagal is kookwater as ’n sjef en oudseesoldaat wat saam met sy niggie ’n treinrit onderneem. Terroriste kaap die trein en dreig die passasiers. Maar hulle het ’n baie groot fout gemaak.

Senseless

SABC1 22:00

Marlon Wayans prikkel die lagspiere as ’n platsak student wat ekstra geld probeer verdien om sy studiegeld te betaal. Hoe doen hy dit? Hy neem deel aan ’n eksperimentele mediese proefneming wat sy sintuie verskerp. Die gevolg is skreeusnaaks.

Saterdag

Wicker Park

SABC2 21:00

Josh Hartnett sien eendag sy eksmeisie in ’n restaurant raak. Al probleem is, sy is al twee jaar vantevore oorlede. Dit kan mos onmoontlik sy wees, of hoe?

Panic Room

e.tv 21:55

Voor Twilight was Kristen Stewart ’n wonderlike aktrise en het sy flieks gemaak soos hierdie een. Sy en haar fliekma, Jodie Foster, kruip weg vir inbrekers in die paniekvertrek van hul nuwe huis. Al probleem is dat die inbrekers by dié vertrek probeer inkom.

Seven Psychopaths

M-Net 01:15

Colin Farrell en Woody Harrelson doen kwaad as ’n Hollywoodse draaiboekskrywer en sy vriend wat met bendelede deurmekaarraak nadat hulle een van ’n mafiabaas se geliefde troetelhonde gesteel het.

Sondag

Ice Age: Dawn Of The Dinosaurs

e.tv 12:50

Lag, lag, lag! Sid die luidier en sy prehistoriese maats keer terug en hierdie keer vlug hulle van dinosourusse nadat Sid ’n paar dino-eiers “geleen” het om aan te neem.

Predators

e.tv 20:00

Adrien Brody en Laurence Fishburne moet taai wees toe hul huursoldaatkarakters na ’n vreemde planeet gestuur word. En moenie dink hulle is so gelukkig om oulike ET-ruimtewesens teë te kom nie; die ruimtewesens wat op hulle jag maak, is wreed en het groot gewere, tande en sukkel om hul woede te beteuel.

Now You See Me

M-Net 20:05

Drama! Aksie! Intensiteit! Mark Ruffalo bied dit alles as ’n FBI-agent wat saam met ’n speurder van Interpol werk om ’n groep bankrowers vas te trek wat oëverblindery inspan om hul buit te kry.