As jy dus nog nie The Hunger Games, Elysium of The Usual Suspects gekyk het nie, is dit beslis ’n inblynaweek! Vrydag 21 Maart The Hunger Games M-Net Action (DStv-kanaal 106) 20:00 As jy nog nie dié fliek gekyk het nie, moet jy beslis die kans aangryp! Jennifer Lawrence skitter in die rol van Katniss Everdeen, ’n tienermeisie wat haar sussie se plek inneem in die aakligste werklikheidsprogram denkbaar: ’n geveg tot die dood tussen tieners van elk van Panem se 12 distrikte. Saterdag 22 Maart

Elizabeth: The Golden Age

SABC3 19:30

As jy van historiese dramas hou, is dit die fliek vir jou. Cate Blanchett vertolk die rol van Koningin Elizabeth in dié fliek, wat handel oor die krisisse wat die monarg in die latere jare van haar bewind moes hanteer, insluitend ’n sluipmoordaanval en liefdesteleurstellings. Our Family Wedding e.tv 20:00 As dié jong paartjie gedink het hulle kon voor die kansel kom sonder dat hul vriende en familie inmeng, het hulle seker gedroom! Met sterre soos America Ferrara (van Ugly Betty-faam) en Forest Whitaker is dit vir seker vermaaklike kykstof. Sondag 23 Maart

Elysium

M-Net 20:05

Wetenskapsfiksie kry ’n “local” kinkel, te danke aan die regisseur Neill Blomkamp en die akteurs Sharlto Copley en Brandon Auret. Dis die jaar 2154 en die superrykes woon op ’n idilliese ruimtestasie met spesiale masjiene wat enige siekte kan genees. Intussen krepeer die armes op ’n verwoeste Aarde. Die Hollywood-swaargewigte Matt Damon en Jodie Foster speel ook in die fliek, maar Sharlto laat hom beslis nie klop nie. Die kyk werd.

The Usual Suspects

e.tv 22:05

Ná ’n kaping in New York word vyf bedrieërs ingeroep vir ondervraging. Hulle is omgekrap omdat die polisie hulle onskuldig teiken en beplan hul wraak. Kevin Spacey, Gabriel Byrne en Benicio del Toro lewer almal skitterende spel. Die storielyn loop nogal ’n paar draaie, so jy moet maar kophou!