VRYDAG 10 JANUARIE

  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Almal wonder wat het van Henk geword en of hy sal terugkeer. Wat nou van Kim?
  • 19:30 Kuier, Klets en Klits in Namibië (kykNET): Die span kuier by Marlize van Vuuren van Groen-faam. Daar word ook gekyk hoe ’n bobbejaan ’n skaap- en boktrop oppas.

SATERDAG 11 JANUARIE

  • 21:00 Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D (M-Net): Reeks begin. Dit is net ná die slag van New York en dit word bekend dat superhelde en ruimtewesens nou bestaan.
  • 21:15 In Good Company (M-Net Movies Comedy): ’n Middeljarige man se nuwe baas is byna die helfte sy ouderdom en boonop begin hy met sy dogter uitgaan. Met Dennis Quaid en Scarlett Johansson.
  • 21:30 Sêr 2013 (kykNET): Die grootste kampus in Suid-Afrika moet sy sêr-groep kies.

SONDAG 12 JANUARIE

  • 18:30 Makietie (kykNET): Reeks begin. Mynhart wys hoe ’n mens ou blompotte, doilies en fotorame nuwe lewe gee. Tiaan berei ’n heerlike blomkool-en-mentskuim en ’n skaapboud wat oornag in olie bak.
  • 20:00 After Earth (M-Net): ’n Pa en seun veg om oorlewing nadat hulle land op ’n verlate aarde wat al ’n millennium lank nie meer bewoon word nie. Met Will Smith en Jaden Smith.