Vrydag

Inkheart

e.tv (DStv-kanaal 194) 14:30

Dis nou wat jy ’n magiese kinderfliek noem. ’n Jong meisie vind uit sy het haar pa se spesiale magte geërf: Hy kan storieboekkarakters lewend maak. Maar dan lees hy ’n storie oor ridders en prinsesse en die Middeleeuse karakters wat hom nou in die werklikheid ’n hoofpyn besorg.

Crouching Tiger, Hidden Dragon

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Pragtig, asemrowend en aksiebelaai. ’n Legendariese Chinese vegter se swaard is gesteel. Dit lei tot avonture met koeng foe, liefde en aksie: Ons held probeer sy swaard opspoor voor dit in die verkeerde hande beland en antieke China verwoes.

Last Night

SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:00

Stuur die kinders bed toe vir dié een. Dié fliek handel oor ’n getroude paar se huwelik wat ’n keerpunt bereik toe hulle in die gesig gestaar word deur verbode liefde en iemand wat tussen hulle wil kom.

Saterdag

Here Comes the Boom

M-Net (DStv-kanaal 101) 17:00

Die King of Queens-akteur Kevin James is terug met ’n bietjie skreeusnaakse sportaksie. Hy speel ’n oudstoeier wat ’n bietjie ekstra geld vir ’n sukkelende skool probeer maak en aan gemengdevegkuns-wedstryde deelneem. En hy vaar nie te sleg nie. . .

Finding Home

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Dis amper soos liefde met die eerste oogopslag: ’n Sakevrou erf ’n motel by haar ouma, wat sy besluit om te verkoop. Toe besoek sy die motel en raak stadig halsoorkop verlief op haar nuwe lewenswyse.

Mrs.Doubtfire

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Dis nou ’n lekker fliek vir ’n rustige Saterdagaand! Robin Williams doen hom voor as ’n Skotse oppasser sodat hy tyd saam met sy kinders kan deurbring, wat woon saam met hul ma, en dié se kêrel. . .

Sondag

The Hangover Part III

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Mr. Chow het uit die tronk ontsnap en ’n bendelid in Las Vegas soek hom. Die ouens is inlas Vegas. Alan het dwelms en ’n kameelperd in ’n sleepwa. Dit kan net The Hangover wees. En dit beteken moeilikheid.

Mama Jack

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Foeitog, dit lyk Leon Schuster se karakters is altyd in die sop. Dié keer speel hy ’n lid van ’n verfilmingspan wat noodgedwonge moet wegkruip nadat ’n spul ouens hom wil bykom. Sy vermomming? ’n Huishulp in die voorstede.

Sniper 3

e.tv (DStv-kanaal 194) 00:15

Dis laatnag-aksie op sy skerpste! ’n Oudskerpskieter vir die weermag het ’n nuwe sending, maar later besef hy sy teiken is ’n ou vriend wat blykbaar jare tevore in die spervuur dood is. Hoe nou gemaak?