Vrydag

Cry, The Beloved Country

SABC3 20:00

Die Hollywoodse swaargewig-akteur James Earl Jones speel in dié ikoniese fliek oor twee pa’s wat tydens die apartheidsera persoonlike tragedies moet verwerk wat hulle ten spyte van hul verskille bymekaarbring.

Sinister

M-Net 21:30

’n Misdaadskrywer trek met sy gesin by ’n huis in terwyl hy navorsing doen vir sy jongste roman. Maar hulle is onbewus daarvan dat daar ’n bonatuurlike mag is wat hulle almal wil doodmaak.

Smokin’ Aces 2: Assassins Ball

SABC1 22:00

’n FBI-agent het groot probleme – ’n kriminele meesterbrein het ’n spul moordenaars gehuur om hom uit die weg te ruim. En hierdie sluipmoordenaars is beslis ouens om mee rekening te hou.

Saterdag

Shrek The Third

e.tv 19:30

Shrek is die volgende troonopvolger vir Far, Far Away, maar hy stel nie belang nie en sal enigiets doen om hom daaruit te wurm . . . soos om iemand anders te kry wat koning kan word.

The Rundown

SABC3 19:30

Die WWE-superster The Rock en Stifler van American Pie-faam span kragte saam in die fliek oor ’n spierpaleis wat na die Amasone gestuur word om ’n losbol-skattejagter op te spoor wat homself in die middel van ’n dodelike magstryd bevind.

What Women Want

SABC2 21:00

Mel Gibson speel ’n verwaande reklamebaas wat per ongeluk homself skok en die volgende dag wakker word met die vermoë om te hoor wat vroue dink. En dis beslis nie als net goeie goed nie.

Sondag

Dennis The Menace: The Menace Returns

SABC3 14:30

Dennis se oupa kom kuier en Mr. Wilson raak jaloers omdat die stouterd nie meer tyd saam met hom deurbring nie. Klink na lekker agtermiddag-kykstof saam met die kleingoed.

The World Is Not Enough

e.tv 20:00

James Bond is terug en dié keer moet hy ’n pragtige olie-erfgenaam beskerm wat bande met M het. Maar wat 007 en M nie weet nie, is dat die slagoffer glad nie so onskuldig is as wat sy lyk nie.

Dark Blue

SABC1 20:00

’n Korrupte polisieman het ’n moeilike saak op hande en nie eens sy gekonkel is genoeg om sake reg te stel nie.