Vrydag

Wrath Of The Titans

M-Net 09:30

Zeus se bose broer het hom gyselaar geneem, en nou moet sy demigod-seun, Perseus, al die nare gediertes verslaan wat sy oom Hades uit die onderwêreld vrygelaat het.

Rocky III

e.tv 20:30

Sly Stallone en Mr T van The A-Team, wat die wrede bokser Clubber Lang speel, pak mekaar in die fliek. Clubber het die swaargewigtitel agter sy naam wat aan die Italiaanse hings behoort.

The Gods Must Be Crazy 2

SABC3 21:30

Die Khoisan-jagter Xixo se kinders is in stropers se trok vasgekeer. Sal hul pa die vreemde wielspore kan naspoor en sy seuns vind voor die stropers op die verstekelinge afkom?

Saterdag

O Brother, Where Art Thou?

SABC3 20:00

Drie ontsnapte gevangenes sit af op ’n avontuur op soek na ’n geheime skat, maar loop heeltyd ’n spul vreemde en interessante karakters op hul soektog raak.

Wanderlust

M-Net 00:00

’n Ambisieuse paartjie van New York verloor alles in die ekonomiese ineenstorting en verruil die stadslewe vir ’n hippie-kommune in die bos.

The Fixer

e.tv 01:05

’n Konkelende prokureur haal alles uit om sy kliënte te beskerm, maar dan begin sy gewete hom ná ’n ongeluk pla. Wat gaan sy kliënte van sy nuwe uitkyk op die lewe dink?

Sondag

A Monster In Paris

M-Net 10:00

’n Lekker fliek om met die kinders te geniet – ’n vlieg in Parys is betrokke by ’n chemiese storting en verander in ’n reuse vlieg . . . wat versot is op kabaret, sing en dans. Interessant!

Max Payne

e.tv 20:00

’n Polisieman probeer uitvind hoekom sy vrou en kind vermoor is, maar dit gaan moeilik wees, want ’n groep invloedryke mense wil die waarheid toesmeer.

The Debt

SABC1 20:00

Twee Mossad-agente sit en gesels oor ’n koppie tee en vind dan uit dit wat hulle jare gelede geglo het hul beste geheime sending was, was eintlik presies die teenoorgestelde.