Vrydag 23 Mei

Planes

M-Net (DStv-kanaal 101) 09:30

Roep die kinders vir dié oulike animasiefliek oor ’n vliegtuig wat wil deelneem aan ’n resies om die wêreld. Al probleem? Hy het hoogtevrees. Oulik verby.

Everybody’s Fine

SABC3 (DStv-kanaal 193) 20:30

As daar een karakter is wat Robert de Niro goed kan speel, is dit ’n onbeholpe ouer. In dié fliek is hy ’n wewenaar wat pad vat sodat hy weer die bande met sy vervreemde volwasse kinders kan optel.

Bloodsport

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Dis Jean-Claude van Damme! En in dié fliek speel hy ’n skopbokser wat oefen om wraak te neem op ’n gewelddadige opponent wat dit geniet om in die kryt amok te saai.

Saterdag 24 Mei

G-Force

SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

Die beste spioenasieflieks het ’n komedie-element. En wat is dan nou snaakser as ’n groep marmotjies wat geheime sendings onderneem? Niks! Dié prettige fliek handel oor spioen-marmotjies wat ’n bose biljoenêr moet keer voor hy die wêreld oorneem.

The Dilemma

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

’n Man vind uit sy beste vriend se vrou het ’n affair. Hy is nie seker hoe – en of – hy sy pel daarvan moet vertel nie. Dit is nie gewoonlik iets om oor te lag nie, maar met Vince Vaugh en Kevin James in die hoofrolle gaan jy taamlik baie giggel.

Skyfall

M-Net (DStv-kanaal 101) 01:00

Dit word nou wel ná middernag uitgesaai, maar Skyfall word gereken as die beste Bond-fliek – en met goeie rede. In die fliek kom 007 te staan teen ’n vyand wat MI6 en M deur en deur ken... omdat hy een van hul topagente was, tot M hom verraai het.

Sondag 25 Mei

Diamond Dog Caper

M-Net (DStv-kanaal 101) 10:00

’n Kind en rondloperhond kry dit reg om ’n groep lomp diewe te uitoorlê. Min weet die seun die hond het ’n sakkie diamante ingesluk, en dis wat die diewe soek.

Parker

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Jason Statham is terug, en oudergewoonte maak hy fyngoed van wie ook al in sy pad staan. In dié fliek speel hy ’n dief was die geld probeer terugkry wat sy gewese bende van hom gesteel het. as jy van aksieflieks met opwindende bakleitonele hou, moet jy nie dié ene misloop nie!

Brubaker

e.tv (DStv-kanaal 194) 23:10

Die fliek is gebaseer op werklike gebeure. ’n Tronkbewaarder doen hom voor as ’n gevangene om te probeer uitvind wat die bron van die korrupsie in die tronk is. Hy is veilig solank as wat die gevangenes nie sy ware identiteit ontdek nie. . .