Vrydag

Pistol Whipped

e.tv 20:30

Die meeste mense betaal hul dobbelskuld af, maar nie hierdie polisieman nie. Hy hoor sy skuld sal gedelg word as hy ’n mededingende bendelid doodmaak. Dis mos maklik, of hoe?

Stand Up Guys

M-Net 21:30

Drie voormalige bendelede verval weer in hul ou weë toe die een eindelik uit die tronk vrygelaat word. Wat hulle nie weet nie, is dat een van hulle ’n donker geheim het wat die res van hul lewe op sy kop gaan keer.

Last Night

SABC1 22:00

’n Gekwelde egpaar se huwelik verkeer onder nog meer spanning toe ’n groot fout uit hul verlede week kop uitsteek.

Saterdag

Shorts

SABC2 16:00

Wie het ’n djin nodig wanneer ’n reënboogklip jou wense sal waar maak. Maar wat hierdie seuntjie nie weet nie, is dat inwoners van sy dorpie die klip gaan vat, hul eie gulsige wense gaan bewaarheid en alles vir hom bederf.

Shrek 2

e.tv 19:30

Shrek en Fiona keer terug na hul huis in die koninkryk Far Far Away. Maar weet haar ouers hul prinses en haar nuwe man is monsters? Of dat hulle ’n pratende donkie het? Wel, hulle gaan binnekort uitvind.

Starsky & Hutch

e.tv 21:35

Twee polisiemanne, die een ernstig en die ander meer ontspanne, vat een van die grootste dwelmhandelaars in die stad aan. Sal die onpaar paar oor die weg kom en die man vang? Maar natuurlik!

Sondag

The Odd Life Of Timothy Green

M-Net 10:00

’n Egpaar wat niks meer in die wêreld begeer as om ouers te word nie, word verras toe ’n kind wat ouers soek, aan hul voordeur klop.

Tomorrow Never Dies

e.tv 20:00

Bond is weer op sy stukke toe hy gevra word om ’n mediamagnaat te keer wat die Derde Wêreldoorlog wil ontketen net sodat sy onderneming kan voordeel trek.

RoboCop

M-Net 20:05

’n Polisieman in die toekoms word by die huis opgeblaas en verander dan in ’n halfmens-halfsiborg-superpolisieman. Maar dan begin sy emosies met sy geprogrammeerde reëls bots en dreig hy om sy skepper se bose plan te beduiwel.