Vrydag

Heartbreakers

SABC3 20:30

Jennifer Love Hewitt en Sigourney Weaver speel ’n ma en dogter wie se jongste verneukspul in duie stort toe Jennifer verlief raak op die sexy kroegman wat hulle probeer mislei.

Rocky IV

e.tv 20:30

Dis weer sulke tyd! Rocky Balboa (Sylvester Stallone) is vir ’n vierde keer terug in die bokskryt. Dié keer besluit hy om te veg nadat Ivan Drago (Dolph Lundgren), ’n nuwe bokser van die Sowjet-blok, sy beste vriend, Apollo Creed, doodgeslaan het.

Stand Up Guys

M-Net 21:30

’n Paar ouskoolse bendelede keer terug na hul ou streke toe hul vriend uit die tronk vrygelaat word, min wetende dat een van hulle ’n geheim wegsteek wat hul almal raak . . .

Saterdag

Echelon Conspiracy

SABC3 20:00

Niemand hou van vreemde oproepe nie, maar wat as dit jou help om groot geld by casino’s te wen?

The Patriot

SABC2 21:00

Mel Gibson raak by die Burgeroorlog betrokke toe sy enigste seun doodgeskiet word terwyl hy sy land verdedig.

Horsemen

e.tv 22:10

’n Speurder vind uit daar is ’n verband tussen hom en ’n moordenaar . . . en dieselfde geld vir sy dooie vrou.

Sondag

The Losers

SABC1 20:00

’n CIA-span word in die middel van ’n sending vir die dood agterlaat. Wat doen hulle? Hulle voltooi die sending en sweer wraak op hul base.

Shooter

e.tv 20:00

’n Afgetrede sluipmoordenaar word gevra om uit te vind wat tydens die sluipmoord op die Amerikaanse president skeefgeloop het. Die enigste probleem is dat hy nou valslik beskuldig word van ’n skietaanval op ’n aartsbiskop.

Red 2

M-Net 20:05

Bruce Willis is ’n afgetrede geheime agent wat sy bas probeer red toe ’n ou aartsvyand weer te voorskyn kom. Gelukkig kan hy staatmaak op skieters soos Helen Mirren en John Malkovich.