Vrydag

Paul - SABC3 (DStv-kanaal 193) 20:00

Twee Britse aanhangers van wetenskapsfiksie ontmoet ’n ruimtewese wat van die Amerikaanse regering vlug. Die tweestuk maak dit dan hul werk om hul nuwe vriend te help.

Terminator: Salvation - e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

John Connor se Resistance-vegters is besig om hul oorlog teen die robotte en SkyNET te verloor. Erger nog, hulle ontmoet ’n robot wat dink hy is ’n mens – hy het selfs regte vel!

Taken 2 - M-Net (DStv-kanaal 101) 21:30

’n Afgetrede CIA-agent en sy eksvrou word ontvoer deur die pa van een van die mans wat hul dogter in die eerste fliek ontvoer het. Nou moet dié einste dogter hulle red.

Saterdag

The Ultimate Gift - SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

’n Sterwende biljoenêr laat ’n “ongelooflike geskenk” vir sy geliefde kleinseun in sy testament agter. Maar dié jong man moet ’n reeks take voltooi wat sy ontwikkeling as man aanhelp voor hy sy hande op sy erfporsie kan kry.

The Cutting Edge 3: Chasing The Dream - SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

’n Geskorste yshokkiespeler raak verlief op die oulike meisie by sy plaaslike  ysskaatsbaan, maar toe raak hy ook verlief op die sport wat sy beoefen –  sierskaats!

Zombieland - e.tv (DStv-kanaal 194) 21:50

’n Aweregse kollegestudent span kragte saam met ’n boef van die gramadoelas en twee misdadiger-susters om Los Angeles toe te reis en die zombie-plaag te ontsnap wat Amerika oorneem.

Sondag

The Croods - M-Net (DStv-kanaal 101) 10:00

Gryp die kinders; dit is tyd vir ’n oulike animasiefliek oor ’n gesin grotbewoners wat noodgedwonge ’n nuwe tuiste moet vind nadat hul grot verwoes word.

Takers  - e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

’n Groep bankrowers dink hulle is skotvry, maar min weet hulle twee tawwe speurders is warm op hul spoor!

Empire State - M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Twee vriende se lewe het in ’n groef verval, toe besluit hulle om met binnekennis ’n gewapende kontantbewaarplek te beroof. Maar dit gaan nie so maklik wees soos wat hulle dink nie. . .