[caption id="attachment_89281" align="aligncenter" width="600"]Twee superhelde span saam met ’n spul superhelde in die fliek, Kick-Ass 2. Twee superhelde span saam met ’n spul superhelde in die fliek, Kick-Ass 2.[/caption]

Vrydag

The Terminator (e.tv 20:30)

Robotte gaan in die toekoms die wêreld oorneem, maar om dit reg te kry, moet een van hulle terug in tyd gestuur word om die ma van die toekomstige weerstandsleier dood te maak. En daardie Terminator-robot is niemand minder nie as Arnold “I’ll be back” Schwarzenegger.

Kick-Ass 2 (M-Net 21:30)

Twee superhelde span saam met ’n spul superhelde en teiken die nuwe vyand wat wraak soek. Hoekom? Omdat die twee sy pa, ’n bendelid, in die eerste fliek om die lewe gebring het.

The Contractor (SABC1 22:00)

’n Skerpskutter in die weermag keer terug uit aftrede om ’n taak af te handel wat hy nie in sy weermagdae voltooi het nie. En met Wesley Snipes in die hoofrol kan jy hope aksie verwag.

Saterdag

Extremely Loud & Incredibly Close (SABC2 16:00)

’n Jong New Yorkse seun onderneem die avontuur van ’n leeftyd. Sy pa is dood in die 9/11-terreuraanvalle en het vir hom ’n sleutel agtergelaat – nou probeer die seun uitvind in watter slot die sleutel pas.

Like Mike (e.tv 19:30)

In dié roerende verhaal kom ’n gekwelde jong weeskind af op ’n paar tekkies wat aan die basketbalheld Michael Jordan behoort het. En toe hy dit aantrek, verander hy in ’n basketbalsuperster wat die pro-liga haal.

Sliding Doors (SABC2 21:00)

’n Vrou bevind haar by ’n persoonlike en beroepskruispad. Wat moet sy doen om vorentoe te beweeg? Sy beproef natuurlik albei moontlikheid.

Sondag

Escape From Planet Earth (M-Net 10:00)

’n Ruimtewese reis na die Aarde toe hy ’n noodoproep in die buiteruim hoor. Maar dan ontvoer wetenskaplikes hom, en sy ruimtewese-vriende moet hom opspoor en red.

The Mechanic (e.tv 20:00)

’n Topsluipmoordenaar lei ’n jong man op wat eendag by hom moet oorneem. Maar hy is onbewus dat sy leerder eintlik die seun van een van sy teikens is en hom uit weerwraak wil doodmaak nie.

Jack Ryan: Shadow Recruit (M-Net 20:05)

’n CIA-agent word na Rusland gestuur om te keer dat die kommunistiese land die wêreldekonomie vernietig. Maar dit gaan beslis nie maklik wees nie, want die Russiese gewapende magte soek hom en sal enigiets doen om hom te keer.