Vrydag

Nothing For Mahala (SABC3 20:00)

’n Jong man beland in die moeilikheid en moet gemeenskapsdiens verrig. Terwyl hy die straf uitdien, ontmoet hy ’n bejaarde man wat hom die regte pad wys.

Vehicle 19 (M-Net 21:30)

Die wyle akteur Paul Walker speel in dié fliek oor ’n toeris wat ’n motor huur. Daar is iets in die motor versteek wat ’n spul korrupte polisiebeamptes soek en hulle sal enigiets doen om dit te kry, selfs die toeris om die lewe bring . . .

Machete (e.tv 22:25)

’n Mexikaanse polisieman word verkeerdelik van moord beskuldig en wil wraak neem. Maar sy teenstanders weet nie hy hou nie daarvan om vuurwapens te gebruik nie; hy verkies vlymskerp messe.

Saterdag

Kickin’ It Old School (SABC2 16:00)

Jamie Kennedy speel ’n ou in die 1980’s wat daarvan droom om ’n break-danser te word. Hy verloor sy bewussyn en skrik jare later, in 2006, wakker en wil steeds sy droom uitleef om ’n B-Boy te wees. Arme ou.

Marmaduke (e.tv 19:30)

’n Stoute Deense hond en sy mensegesin kom weg uit die stad en gaan woon in ’n lekker rustige buurt. En dis hier waar hy handuit ruk en sorg vir ’n groot chaos.

National Lampoon’s Thanksgiving Reunion (e.tv 21:20)

’n Gesin se langverlore familielid daag op vir Thanksgiving en vernietig die huis, die gesin en alles waarop hy sy hande kan lê.

Sondag

Home Alone: The Holiday Heist (M-Net 10:00)

’n Seuntjie en sy suster beskerm hulleself terwyl onhandige diewe in hul huis probeer kom en ’n kosbare skildery steel.

XXX: State Of The Union (e.tv 20:00)

’n Nuwe XXX-agent word ontbied toe ’n groep soldate hul rug op die president keer en ’n tenk na die Withuis probeer ry sodat hulle dit kan opblaas.

Mandela: Long Walk To Freedom (M-Net 20:05)

Die wel en weë van wyle oudpres. Nelson Mandela word uitstekend deur die Britse akteur Idris Elba vertolk. Hierdie roerende huldeblyk aan ons mees ikoniese leier is beslis die kyk werd.