Die MasterChef-beoordelaars beantwoord julle vrae:

Benny:

Wat is die beste vleis om te gebruik tydens ‘n braai?

Beesvleis is ‘n goeie opsie. ‘n Lendestuk is altyd lekker op die rooster.

Hoe gereeld eet jy uit?

Sowat drie keer ‘n week.

Wat is jou gunsteling gereg om by die huis voor te berei?

‘n Lekker hoender-en-mushroom-pasta met ‘n “twist”. Ek gebruik fontina en bloukaas om die sous te maak en strooi sommer van dit oor die pasta ook.

Is jy kieskeurig oor kos? Wat sal jy nooit eet nie?

Ek is nie regtig kieskeurig nie. Ek het nou nie eintlik ‘n voorliefde vir bokvleis nie, verder eet ek als.

Pete:

Wat is die beste vleis om te gebruik tydens ‘n braai?

Definitief lamsvleis. Dit is vetterig genoeg om lekker krakerig te braai. Lamsvleis het ook altyd so ‘n lekker rokerige smaakie as jy dit oor die kole braai.

Hoe gereeld eet jy uit?

Twee keer ‘n week.

Wat is jou gunsteling gereg om by die huis voor te berei?

Gebraaide hoender met blomkool en kaassous.

Is jy kiekeurig oor kos? Wat sal jy nooit eet nie?

Ek eet meestal als. Ek’s egter nie ‘n groot aanhanger van afval en eier nie.

Kyk MasterChef SA Dinsdagaande 19:30 op M-Net.