Ja, Ford gaan nou motors soos die VW Passat en Honda Accord die stryd aan sê met die nuwe Fusion.

[post-slider]

En op die oog af is die Fusion nogal mooi met ’n ontwerp wat nogal aan ’n Aston Martin herinner.

Daar is vier modelle in die Fusion-reeks en ’n keuse van turbopetrol en –diesel kragbronne. Al die Fusion-modelle is ook goed toegerus met talle luukse kenmerke, terwyl dit ook met die moderne veiligheidseienskappe spog.

Die enjinreeks is:

  • 1,5 L EcoBoost, 132kW/240Nm (petrol)
  • 2,0 L EcoBoost, 149kW/300Nm (petrol)
  • 2,0 L EcoBoost, 177kW/340Nm (petrol)
  • 2,0 L TDCi, 132kW/400Nm (diesel)

Al dié modelle is beskikbaar met ’n sesspoed-outomatiese ratkas.

Die Fusion se waarborg is vier-jaar/120 000 km, terwyl dit ook ’n vier-jaar/80 000 km diensplan het.

Pryse

  • Ford Fusion 1,5 L EcoBoost Trend – R349 900 (petrol)
  • Ford Fusion 2,0 L EcoBoost Trend – R369 900 (petrol)
  • Ford Fusion 2,0 L EcoBoost Titanium – R424 900 (petrol)
  • Ford Fusion 2,0 L TDCi Titanium Powershift – R449 900 (diesel)