600x450

Wat is die Absa KKNK nou sonder die jaarlikse Huisgenoot-Afskopkonsert?

Vir die 21ste Absa KKNK het ons besluit om al ons aandag aan een groot konsert te gee wat oud en jonk aan die dans gaan kry.

Begin vanjaar se fees op ’n hoë noot met toptalent: Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren, Emo Adams, Snotkop, Karen Zoid, Andriëtte, Kahn, Zolani Mahola en Francois van Coke – 10 van die bestes met begeleiding deur ’n orkes.

Die konsert vind plaas op die tweede dag van die fees: Saterdag 4 April om 19:00 by die Oudtshoorn-sportterrein.

Kaartjiepryse begin by R120 en jy kan vandag nog jou kaartjies by Computicket bespreek.

Daar is ook gesinspakkette beskikbaar vir dié wat die kinders en kleinkinders wil saambring.

BESPREEK NOU!