[post-slider]
Die nuwe reeks bestaan uit agt modelle wat voorwielaangedrewe en 4x4-weergawes insluit, terwyl daar ook ’n keuse van petrol- of turbodiesel-enjins is. Boonop is die derdegeslag-X-Trail beskikbaar met vyf of sewe sitplekke. Daar is drie spesifikasievlakke, XE, SE en LE, en selfs die intreevlak-LE-modelle het omvattende toerusting, onder meer ’n klankstelsel met Bluetooth. Die nuwe 1,6 L-turbodiesel-kragbron wat in die X-Trail beskikbaar is, ontwikkel 96 kW teen 4 000 r.p.m. en 320 Nm teen 1 750 r.p.m. Volgens Nissan kan die gemiddelde brandstofverbruik so laag soos 5,3 L/100 km wees.
'Alle modelle het ’n waarborg van ses jaar of 150 000 km.'

Die twee petrolenjins is onderskeidelik 2 L en 2,5 L groot. Die intreevlak-X-Trails se 2 L-enjin ontwikkel 106 kW teen 6 000 r.p.m. en 200 Nm teen 4 400 r.p.m.

Kraglewering vir die 2,5 L-enjin is 126 kW teen 6 000 r.p.m. en wringkrag is 233 Nm teen 4 000 r.p.m.

Alle modelle het ’n waarborg van ses jaar of 150 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

Pryse:

  • Nissan X-Trail 2,0 XE – R327 700
  • Nissan X-Trail 2,0 XE (sewe sitplekke) – R334 100
  • Nissan X-Trail 2,5 SE Xtronic-outo 4x4 – R364 200
  • Nissan X-Trail 2,5 SE Xtronic-outo 4x4 (sewe sitplekke) – R370 600
  • Nissan X-Trail 1,6 dCi – R351 000
  • Nissan X-Trail 1,6 dCi XE (sewe sitplekke) – R357 400
  • Nissan X-Trail 1,6 dCi SE 4x4 – R388 300
  • Nissan X-Trail 1,6 dCi LE 4x4 – R473 600