“Die geheim van Slangfontein” is `n musiek-fliek met Rian “Rooi Jan” Malan en die Radio Kalahari Orkes. 

Dit word op DVD uitgereik en sal vanaf November beskikbaar wees in musiekwinkels landwyd.

Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari. Hy's 'n stadskind wat doer anderkant die diep donker waters van die Oranjerivier wil gaan vergeet van homself, van sy simpel werk en van sy ongelukkige huwelik.

Hy wil ook so ver as moontlik wegkom van die groot gemors waarin die korrupte regering sy land gedompel het.

Onverwags weier sy radio om op te hou speel wanneer hy eintlik net stilte nodig het. So ontdek hy 'n raaiselagtige geheim waneer die radio aanhou om musiek te speel vanaf  'n sender wat uitsaai vanaf ‘n mistieke tussenwêreld.

Kyk die voorprent hier: