Om ons te kontak, klik op waar@huisgenoot.com, stuur ’n faks na 021-406-2937 of skryf aan Waar in die wêreld, Posbus 1802, Kaapstad 8000.

LET WEL: Huisgenoot en Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige eis wat kan voortspruit uit die publikasie van hierdie inligting nie.

WAARSKUWING: MOENIE KONTANT GEE OF ENIGE BETALING MAAK aan iemand wat jou kontak en aanbied om jou die mense te help vind wat jy soek nie, veral as die mens sê hy/sy is ’n polisiebeampte.

  • Ons kan nie waarborg dat jou versoek gepubliseer sal word nie. Indien dit gekies word vir publikasie, kan dit vanweë die oorweldigende reaksie op dié diens ’n ruk duur voor jy jou boodskap op die webtuiste sien.
  • In navrae oor aanneemgevalle kan ons net die besonderhede van die soeker plaas, nie dié van die een wat gesoek word nie.
  • Onthou om jou naam in jou e-pos, faks of brief by te voeg, asook jou e-posadres, kontaknommer (met die gebiedskode) of posadres (met die poskode).

Reünies

  • Die 1973-matrieks van die Hoërskool Volksrust beplan ’n reünie vir 31 Augustus. Bel Sienie Olivier by 072-309-1105 of e-pos gesinaolivier@lantic.net.
  • Die 1963-matrieks van die destydse Hoër Landbouskool Bekker op Magaliesburg beplan ’n reünie. Bel Trix Duvenage (Willemse) by 082-360-1025 of 011-869-7888 of e-pos milwil@mweb.co.za.
  • Die 1973-finalejaarstudente van die Bloemfonteinse Onderwyserskollege (BOK) beplan ’n reünie in Oktober. Bel Elsa by 083-231-0525 of e-pos johan.elsa@gmail.com.
  • Die 1991-onderwysers en -skoolvriende van die Fakkelskool, Sasolburg, beplan ’n reünie. E-pos Fourie Stroebel na stroebelfourie@gmail.