Nina se ster skyn ál helderder en almal wil meer weet oor dié talentvolle aktrise. Hier is vyf feite wat jy dalk nie van ons gunsteling-vampier geweet het nie:

Haar volle naam is ’n mondvol

Nikolina Konstantinova Dobreva.

Sy is Bulgaars

Nina is gebore in Sofia, Bulgarye se hoofstad. Haar familie het na Toronto in Kanada verhuis toe sy twee was.

Sy is baie wys

Nina is die ene wysheid op sosiale media. Sy deel gereeld inspirerende foto’s en aanhalings op Twitter en Instagram. Beslis iemand om te volg as jy ’n bietjie opbeuring nodig het.

Haar liefies agter die skerms

Sy en Ian Somerhalder, haar medester in Vampire Diaries, was van 2010 tot 2013 saam; dit gons behoorlik dat die tweetjies weer saam is. Nina en Daniel Clark, ’n medester in Degrass, het uitgegaan in 2007.

Sy was ’n gimnas

Nina het meegeding in ritmiese gimnastiek en het Kanada selfs in 2005 in die junior en senior wêreldkampioenskapstoernooi verteenwoordig.

Bronne: seventeen.com, popcrush.com