In die verlede was die temas al Halloween, Sweet Sixteen, Fopdossers en Seerowers.

Vanjaar se tema was die letter T en daar was onder meer ’n tennisspeler, ’n tronkvoël, ’n teacher en ’n traffic cop. Die een vriend, Moolman Viviers, was ’n tweegesig en het die een helfte van sy kop heeltemal kaal geskeer.

T-partytjie leeupark

Vanjaar se kuiergeleentheid was by die Ukutula-leeuplaas net buite Brits in Noordwes. Daar het die tien vriende saam met leeus gestap en selfs die klein welpies vasgehou.

Uiteinlik is daar gebraai en tot ounag gekaraoke. “Ons het tot vieruur Sondagoggend gekuier en het gesukkel om betyds te wees vir die negeuur-ontbyt,” vertel Samantha Reyneke.

T-partytjiewenner

Daar word elke jaar twee wenners gekies wat die beste aangetrek het. Vanjaar was dit Sharon van Rooyen wat haar hare hoog getease het om Tina Turner te wees en Neels Beyer in sy toordokter uitrusting.

Alet van Zyl