Vrydag 30 Mei

  • Alien 3

    e.tv (DStv-kanaal 194) 22:45

    Die tawwe vlieënier Ellen Ripley het van die ruimtewesens ontsnap en stort op ’n afgeleë planeet neer wat ’n strafkolonie met net mans huisves. Terwyl sy was om gered te word, ontdek sy die rede waarom sy neergestort het – ’n ruimtewese is aan boord versteek. En natuurlik kan dié gedierte nie wag om sy kloue in haar te slaan nie.

Saterdag 31 Mei

  • Toy Story 3

    SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

    Andy gaan universiteit toe en Buzz, Woody en die res word geskenk aan ’n dagsorgsentrum. Die kinders daar speel rof en hulle beplan om te ontsnap – terug na die veiligheid van Andy se huis.

  • Percy Jackson & the Lightning Thief

    e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

    Dis ’n bietjie kitsch, maar baie pret. Percy is ’n tiener wat uitvind hy is ’n Griekse god se seun. Boonop moet hy Zeus se gesteelde weerligstraal opspoor voor die mensdom vernietig word.

Sondag 1 Junie

  • Identity Thief

    M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

    Jason Bateman en Melissa McCarthy span kragte saam in dié komedie – sy identiteit is gesteel en sy is die dief. Maar wat gebeur toe hy haar opspoor en konfronteer? Seer lagspiere!

  • Jerry Maguire

    e.tv (DStv-kanaal 194) 21:50

    Tom Cruise speel ’n sportagent wat ’n gewete ontwikkel en sy werk verloor. ’n Ondergewaardeerde voetbalspeler (Cuba Gooding jr. met ’n fantastiese hangsnor) is al een wat nog in hom glo. Kyk uit vir die toneel waar Tom skree: “Show me the money!”