Vrydag 9 Mei

Paul

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

As jy van ruimtewesens en goeie komedie hou, is dié een vir jou. Die Britse pelle Simon Pegg en Nick Frost span kragte saam as twee strokiesprent-liefhebbers wat deur Amerika reis en buite Area 51 afkom op ’n ruimtewese, Paul. Seth Rogen doen die stemwerk vir Paul.

Saterdag 10 Mei

Tower Heist

SABC1 (DStv-kanaal 191) 20:00

Die hotelwerknemer Ben en sy kollegas kom met ’n plan vorendag om wraak te neem op die man wat hulle uit hul pensioengeld verneuk het – hulle het niks om te verloor nie en wil dit hê wat hulle toekom.

The Next Karate Kid

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Daniel het aanbeweeg en in sy plek is Julie, gespeel deur Hilary Swank (20 jaar gelede!). Die wyse mnr. Miyagi neem die tiener onder sy vlerk en leer haar vegkuns.

Sondag 11 Mei

Star Trek Into Darkness

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Kapt. Kirk is baie aantrekliker in die fliek as in die reeks, en dié ene is eerder ’n aksiebelaaide lokettreffer as ’n eerbewys aan die reeks. Die bemanning van die Starship Enterprise kom te staan teen ’n intergalaktiese terroris, perfek gespeel deur Benedict Cumberbatch. Sy magshonger Khan is een van die beste skurke wat ons in ’n lang tyd teëgekom het.