[post-slider]

Die Polo Vivo is immers een van die gewildste motors in Suid-Afrika, maar Volkswagen het besluit om dit darem nou ’n moderner kinkel te gee.

Hier is sewe feite wat jy oor die veranderings moet weet:

  1. Die meeste van die veranderinge is kosmeties, en die Polo Vivo het onder meer nou ’n nuwe sierrooster en herontwerpte hoofligte.
  2. Die nuwe intreevlakmodel is in die Conceptline-afwerkingsvlak beskikbaar – die Trendline-, Blueline-, Comfortline-, Maxx- en GT-modelle is steeds deel van die reeks.
  3. Soos tevore is die Polo Vivo as ’n luikrug of sedan beskikbaar, terwyl die GT-weergawe nou as ’n vyfdeur-luikrug, nie meer ’n driedeur nie, te koop is.
  4. Al die modelle het nou ABS-remme as standaard, terwyl kragstuur en lugverkoeling steeds ook standaard is.
  5. Daar is nuwe materiaal vir die sitplekke, terwyl die instrumentpaneel rooi en wit beligting het.
  6. ’n Nuwe klankstelsel met Bluetooth is ook standaard by al die modelle, maar opsioneel vir die Conceptline- en Blueline-weergawes.
  7. Die Polo Vivo se enjins is onveranderd en soos tevore is daar 1,4- en 1,6 L-petrolenjins.

  • Pryse: Polo Vivo-luikrug
  • 1,4 55 kW Conceptline - R142 700
  • 1,4 55 kW Blueline - R148 000
  • 1,4 63 kW Trendline - R157 500
  • 1,4 63 kW Trendline AT - R172 800
  • 1,6 77 kW Trendline - R171 500
  • 1,6 77 kW Comfortline - R177 200
  • 1,6 77 kW GT - R177 200
  • 1,6 77 kW Maxx - R180 900

Pryse: Polo Vivo-sedan

  • 1,4 55 kW Conceptline - R148 700
  • 1,4 55 kW Blueline - R154 000
  • 1,4 63 kW Trendline - R163 500
  • 1,4 63 kW Trendline AT - R178 800
  • 1,6 77 kW Trendline - R169 300
  • 1,6 77 kW Comfortline - R177 500