MIDNIGHT MEMORIES****

ONE DIRECTION

Hulle sing al drie jaar ander liedjieskrywers se skeppings, maar op hul jongste album het hulle die meeste liedjies geskryf. Hierdie oorskakelingsalbum kan dalk hul grootste kritici se monde snoer. Dis ’n volwasse, stewige album met goeie rock en akoestiese folk-klanke wat duidelik geïnspireer is deur groepe soos Mumford & Sons en The Lumineers. Hoogtepunte behels Best Song Ever en die titelsnit, wat herinner aan Def Leppard se Pour Some Sugar on Me. Die album bevat meer kitaarspel en is nie suiwer pop soos hul voriges nie, maar aanhangers sal mal wees hieroor.

PRET OM TE WEET

One Direction se Harry Styles is dolverlief op Johnny Depp. Hy het selfs seep uit die akteur se badkamer gegaps toe hy verlede jaar by sy huis in Los Angeles gekuier het.