17:29 Tuine en Tossels (kykNET): Ons gesels met Marina Giovitto Ehlers oor mosaïek, maak ’n draai by ’n unieke kuierplek op Oudtshoorn, stop in die bosveld om te sien hoe bome in hul natuurlike habitat groei en David wys kykers hoe om orgidieë nog mooier te laat vertoon.

18:00 Mom (M-Net): Christy is senuagtig toe Violet iets onverwags ontdek. Luke is opgewonde oor Violet se nuus. Violet deel ’n mooi oomblik met Roscoe.

19:00 Parks and Recreation (M-Net Series Showcase): Leslie probeer ’n plaaslike videowinkel help wat sukkel as gevolg van die resessie.

19:31 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan is in die Etosha Nasionale Park in Namibië en sien hoe ’n jagluiperd ’n springbok jaag. By Okaukuejo-kamp wys Jan hoe om ’n filet op een van sy gunsteling-maniere te braai. Hy besoek die eeu oue versteende woud en daar word wildsvleis gebraai op pad na Kamanjab, waar Jan meer leer oor die Himba-kultuur.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Jeff, Audrey en hul surrogaat gaan sien ’n vrugbaarheidspesialis. Russell en Timmy gaan weer op ’n dubbelafspraak.

20:30 The Tomorrow People (M-Net): Die Tomorrow People is mense met bonatuurlike magte. Toe die tiener Stephen Jameson ontdek hy het sulke magte, word hy by ’n oorlog betrek.

20:30 Grimm (M-Net Series Showcase): Nick se romantiese naweek saam met Juliette neem ’n onverwagte wending.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.

Laat ons weet wat jy dink: