Praat van oorreageer!

Kyk hier hoe ‘n vrou haar aansteker uithaal en die brandstof wat in ’n motor gepomp word aan die brand steek by ’n petrolstasie in Jerusalmen.

Volgens berigte wou die eienaar van die motor (wat die brandstofpomp in die video gebruik) nie vir die vrou ’n sigaret gee nie. En sy’t dit duidelik nie goed gevat nie.

Gelukkig vir die eienaar se broer, wat ten tyde van die voorval in die motor was, kon personeel by die petrolstasie die vlamme blus.