skokongeluk

Die voorval het naby die Langa-afrit in die rigting van Kaapstad gebeur.

Die video, wat op YouTube gelaai is, wys hoe die BMW buite beheer van die linkerbaan swenk en met die voorkant van ’n silwer Kia Picanto bots soos dit oor die hoofweg beweeg.

Die BMW bots dan met die betonversperring en slinger die vermoedelike bestuurder in die lug. Blykbaar het hy nie ’n sitplekgordel aangehad nie...

Volgens iAfrica is daar is nog geen nuus oor beserings of sterftes nie.

Wees gewaarsku, die video is nie vir sensitiewe kykers nie.

Bronne: YouTube, motoring.iafrica.com