Dit lyk soos iets uit ’n James Bond-fliek: ’n Vragmotor voer ’n ongelooflike waagtoertjie uit toe dit oor ’n Formule Een-motor spring.

Die video is deel van ’n reklameveldtog vir EMC Technology, die Lotus F1-span se tegnologie-vennoot.

Daar is nou ’n indrukwekkende nuwe wêreldrekord agter Lotus se naam; die vragmotor kon die langste afstand, meer as 25 m, spring.