Dit is volgens ’n nuwe langtermynooreenkoms met FIA se Wêreld-toermotorkampioenskap (WTCC), wat van 1 tot 3 April op die Paul Ricard-renbaan in Marseille begin met die seisoensopening van die WTCC se Race of France. Die Volvo V60 Polestar Safety Car, spesifiek omgebou met noodsaaklike veiligheidstoerusting, en sy bemanning (’n bestuurder en ’n waarnemer), sal die WTCC-deelname voor elke wedren lei en die motors tydens die openingsrondte volg. [caption id="attachment_121968" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption] “Dit was ’n maklike besluit om as die amptelike veiligheidsmotor met die WTCC te begin saamwerk. Dit stel ons in staat om die kring van baan tot pad te voltooi deur aan toeskouers die huistoeneem-alternatief van ons renmotortegnologie in die vorm van die Volvo V60 Polestar Safety Car ten toon te stel en terselfdertyd vorm ons deel van die lewensnoodsaaklike en uitgebreide veiligheidswerk van die kampioenskap,” sê Alexander Murdzevski Schedvin, hoof van motorsport by Polestar.

Die Volvo V60 Polestar Safety Car is toegerus met ’n rolraam en reddings- en kommunikasietoerusting, ten einde te voldoen aan die streng vereistes wat deur Eurosport Events, promotor van FIA en WTCC, gestel word.

“Ons het verlede Oktober Polestar se langtermyn-betrokkenheid as vervaardiger by die WTCC verwelkom. Nou verwelkom ons Polestar as die WTCC se nuwe amptelike veiligheidsmotor-vennoot, ’n eksklusiewe geleentheid wat hulle in staat sal stel om hul V60 Polestar-vlagskipmodel, wat uiters veilig is en hoë werkverrigting lewer, aan die wêreld bekend te stel."

Die Volvo V60 Polestar, ontwikkel uit 20 jaar se motorsportervaring, wat ’n vyfster-veiligheidsprys ontvang het van Euro NCAP, is omvattend gemanipuleer ten einde ’n aangename, presiese en betroubare bestuursondervinding in alle toestande daar te stel, met insette deur Thed Björk, Robert Dahlgren en Fredrik Ekblom, bestuurders by die Polestar-fabriek se Cyan Racing.

[caption id="attachment_121969" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Polestar, die werkverrigtingshandelsmerk van Volvo Motors, begin hierdie seisoen saam met Cyan Racing, die motorsportvennoot van Polestar, in ’n veeljaarprogram, met twee onlangs ontwikkelde Volvo S60 Polestar TC1-renmotors wat op die lees van die Volvo S60 Polestar-padmotor geskoei is.

Die WTCC-seisoen bestaan uit 12 wedrennaweke op vier vastelande oor die wêreld heen en vervaardigers soos Citroën, Lada, Chevrolet en Honda veg om die toonaangewende wêreldtitel van toermotorwedrenne.

Bron: quickpic.co.za