met meeste van die 25 motors wat aan die plaaslike mark verskaf is wat weke voor dit hier aangekom het reeds uitverkoop was.

Die Volvo S60 Polestar is die jongste en opwindendste toevoeging tot die S60-reeks. Dit het ’n kragtige enjin van 258kW en kan 0-100 km/h binne net 4,9 sekondes bereik, wat dit ’n motorliefhebber se droom maak.

Daar word selfs gesê “Dis die motor waarmee renjaers werk toe ry.” [post-slider] Dis ontwerp om ’n genotvolle, presiese en selfversekerde bestuurservaring te bied in alle weerstoestande, op alle paaie en in alle seisoene - 365 dae ’n jaar.

"Daar is duisende kilometer op kronkelende bergpaaie gery"

Die motor word al die afgelope paar jaar ontwikkel met elemente wat van die Polestar C30 en S60 asook die Australiese S60 Polestar-renmotor geneem is. Daar is duisende kilometer op kronkelende bergpaaie, op die Autobahn en toetsbane van die suide van Europa tot die ysige noorde van Swede gery.

Volvo Car Suid-Afrika het ’n beperkte aantal van die MY16 Volvo S60 Polestar teen R735 000 elk na die land gebring.

Volvo S60  - kragtig en elegant

  • Details soos ’n wye sierrooster, dagligte en LED-agterligte, dra by tot die Volvo S60 se trefffende voorkoms.
  • Die binnekant is ’n kombinasie van luukse stoffering, Skandinawiese houtinlegsels, en symetaalrame om die luggate en ligkontrole. Dit alles sorg saam vir ’n warm en gemaklike binnekant.

Volvo Cars en Polestar

Volvo Cars het onlangs 100 persent van die Polestar-maatskappy en handelsmerk bekom, wat beteken Polester sal nou as die modelnaam vir spesiale hoë-verrigting Volvo’s gebruik word.

Die Polestar-renspan bly onder die beheer van Christian Dahl, voormalige eienaar van Polestar, en is hernoem na Cyan Racing.

Polestar Cyan Racing, FIA WTCC en Thed Björk Nadat Volvo Cars vir Polestar oorgeneem het, is daar aangekondig dat Polestar Cyan Racing gaan inskryf vir die FIA World Touring Car-kampioenskap (WTCC) in 2016 met twee Volvo S60 Polestar-renmotors wat die begin van ’n program van verskeie jare afskop. Die heersende kampioen, Thed Björk, driemalige kampioen Fredrik Ekblom en Robert Dahlgren, wat dit al verskeie kere gewen het, is deel van die ontwikkelingswerk van die WTCC-program. Volvo Car South Africa is die engiste Skandinawiese motorhandelsmerk in Suid-Afrika. Daar is ’n Volvo-handelaar landwyd en die hoofkantoor is in Irene, Pretoria. 

Bron: quickpic.co.za