Die steeds groeiende gewildheid van die up!, die klein motortjie van Volkswagen, is verder versterk met die byvoeging van ekstra deure, twee nuwe lewenstylweergawes, die Cross up! en Colour up!, sowel as is ’n vermaak-opsie, Touch & More.

Die up! is sedert sy bekendstelling in Februarie verlede jaar slegs as ’n driedeurmodel aangebied. Klante het nou die keuse om die Take up! en Move up! in ’n vyf- of driedeurweergawe te koop.

Meer as 3 550 Volkswagen up!’s is tot dusver in Suid-Afrika verkoop, wat dit een van die groter rolspelers in die A00-kleinmotorsegment maak.

Daar is ook twee nuwe weergawes by die modelreeks gevoeg. Albei word aangedryf deur die 1,0 L-enjin van 55 kW en ’n vyfgang-handratkas.

Cross up!

Die Cross up! het die aangepaste stilering van ’n klein sportnutsvoertuig. Sy sportiewe en ruwe voorkoms word gekenmerk deur eksklusiewe elemente binne sowel as buite.up cross up

Buitekenmerke sluit in silwer geverfde kantspieëls, dakrakke van geanodiseerde silwer, beskermende swart kantstroke, misligte in chroomomhulsels en 16 duim-Cross-allooivellings. Sy kragtige voorkoms word verder verhoog deur ’n grondvryhoogte wat 18 mm hoër is.

Die binnekenmerke sluit in ’n leerbedekte stuurwiel, eksklusiewe rooi of grys Cross-sitplekversiering, gekleurde instrumentepaneel in Deep Black Pearl (standaard) of Tornado Red (opsioneel) en skuurplate met “Cross”-letters.

up cross up binne

Onder die standaard veiligheids- en geriefskenmerke tel vier lugsakke, ESP (elektroniese stabiliteitsbeheer), elektriese vensters voor, afstandbeheerde sentrale sluitstelsel en radio/CD-speler.

Die Cross up! is net in vier kleure beskikbaar: Candy White, Tornado Red, Light Silver Metallic en Deep Black Pearlescent.

Colour up!

Die helder, byderwetse kleure van hierdie up! bring mee dat hy beslis uitstaan in die reeks. As vlagskipweergawe in die reeks is die Colour up! vol eksklusiewe kenmerke. Dit sluit in vier lugsakke, ESP, kragstuur, elektriese vensters voor, afstandbeheerde sentrale sluitstelsel, stuurwiel met leerbekleding, radio/CD-speler, misligte voor en verstelbare sitplekke vir die bestuurder en die voorste passasier.

up wit

Die Colour up! onderskei homself aan die buitekant met 17 duim-Polygon-allooivellings (in Fortana Red of Sandstorm Yellow), geverfde kantspieëls (dieselfde kleurkeuses), donker getinte vensters en ’n dekoratiewe streep aan die sykante.

up sitplekke

Die binnekant is ook kleurryk, met details van hoë gehalte, soos ’n instrumentepaneel in dieselfde kleur as die buitekant van die motor, kleurryke luggatringe en elegante chroomversierings.

Die Colour up! word eksklusief in twee kleure aangebied, Dark Silver Metallic en Pure White.

Touch & More-inligting/vermaakstelsel

Die opsionele Touch & More is ’n draagbare stelsel en bevat ’n Bluetooth-aansluiting, ’n SD-kaartleser en bestuur-apps wat feitelike inligting oor die voertuig aantoon. Die Touch & More se 130 mm-raakskerm word in ’n stewige klamp bokant die middelkonsole ingeprop en so met die elektronikanetwerk van die voertuig verbind.

Kleinhandelpryse (BTW en belasting op uitlaatgas ingesluit)

1.0 MPI Take up! 5-deur (55 kW): R156 300

1.0 MPI Move up! 5-deur (55 kW): R163 400

1.0 MPI Cross up! 5-deur (55 kW): R181 400

1.0 MPI Colour up! 5-deur (55 kW): R185 000

Bron en foto's: quickpic.co.za