Vir ‘n vyftiende keer neem die towersleutel Vlooi en sy maats op ‘n avontuur vanaf 11 tot 28 Aug in die Kunstekaapteater.  Die keer besoek hulle Egipte. Op die oewer van die Nylrivier leer ken Vlooi en Wilma vir Cleo, Cleopatra se agter-agter-agter kleindogter en saam ontdek hulle ‘n antieke grafkelder. Maar as Cowboy Tom op die toneel verskyn gooi hy dinge omver as hy al glimlaggend en “selfie”-nemend ‘n paar  van Egipte se skatte laat verdwyn.

[caption id="attachment_106793" align="aligncenter" width="600"]??????????????????????????????? Elanza Swart is Vlooi, Liande Valentyn is Cleo en Crystal Donna Roberts is Wilma.[/caption]

Die teaterweergawe van die voorgeskrewe storieboomreeks VLOOI het nou al ‘n instelling in die Kaap geraak.  Elke jaar sien ongeveer 15 000 grondslagfase skoliere Krazy Katz in samewerking met Kunstekaap se hoogs aangeskrewe produksie.  Kinders van sover as Swellendam en Saldanha woon die produksie by. Vir baie van die kleingoed is dit hulle eerste kennismaking met die teater.

Die uiters talentvolle span is gesoute kinderteaterskeppers o.l.v regisseur Marinda Engelbrecht.  In die titelrol is dit vanjaar Elanza Swart met Carel Nel as die Amerikaner Tom, Crystal Donna Roberts vertolk die rol van Wilma, Dean Balie speel verkleurmannetjie in drie verskillende rolle en Liande Valentyn as Cleo is ook verantwoordelik vir die choreografie. Margit Meyer-Rodenbeck het oudergewoonte die teks geskryf en Emile Minnie is vanjaar se musikale regisseur. Michael Mitchell is die stelontwerper saam met assistent Juanita Ferreira. Onder die hand van Rouve  Hattingh word die Vlooi karakters kleurvol getooi in die mooiste kostuums.

Hierdie aksie belaaide produksie sal oud en jonk vermaak en word in die Kunstekaap teater aangebied vanaf 11-28 Aug om 9:30 en 11:00.  (11-14 Aug; 24-28 Aug- Afrikaans en 17-21 Aug- Eng).

Bespreek by 082 828 8505. Slegs EEN naweekvertoning op Sondag 16 Aug om 15:00.  Kaartjies R70 en beskikbaar by  Computicket.