Eers ry die vrou voor hom in, dit wil voorkom asof sy ook nie baie ‘baan-vas’ is nie. En toe, sonder enige waarskuwing slaan sy remme voor hom aan.

Hy’s gelukkig om ’n botsing te vermy. Maar die vrou steur haar net mooi aan niks – sy klim ewe doodluiters net daar uit haar motor en kies koers middelmannetjie toe.

Asof dit nie vreemd genoeg is nie, het die vrou óf vergeet óf doelwewus nie die handrem opgetrek nie want die motor beweeg vanself verder, oor die middelmannetjie en reg in die pad van aankomende verkeer in.

Gelukkig het die motor stadig beweeg en kon die ander motoriste dit vermy en is geen ander voertuie getref nie.

Dié vreemde voorval het sover nog geen verduideliking opgelewer nie. Wat was die motief vir die vrou se optrede? Was sy bloot moeg of net nie meer lus om te bestuur nie?

Sy het nie eers in die minste bekommerd gelyk toe haar motor vanself aanhou beweeg nie.

Kyk hier na die vreemde voorval: