Hierdie is nou 'n lelike gemors.

'n Vergeetagtige vragmotorbestuurder iewers in Saoedi-Arabië het onwetend die bak van sy vragmotor regop laat staan terwyl dit op 'n besige hoofweg gery het.

Natuurlik loop dinge lelik skeef toe die vragmotor en een van die oorhoofse padtekens kennis maak.

'n Man wat kort agter die vragmotor bestuur het, het die hele petalje op kamera vasgelê. Die video is in twee dae byna twee miljoen keer gekyk.

Bron: YouTube