Meer as 18 000 mense het ’n video van ’n padwoedevoorval gekyk wat oor die naweek op Witkoppen-weg in Fourways plaasgevind het

Die video, wat deur ’n ooggetuie opgeneem is, wys hoe ’n man die venster aan die bestuurderskant van ’n Volkswagen Polo gewelddadig skop. ’n Porsche is langs hom geparkeer met noodligte wat flits.

Die Polo se bestuurder rol sy venster af, dan sit die ander man sy arm gewelddadig deur die venster. ’n Stryd breek oënskynlik los en die man gooi eindelik iets oor die pad.

In ’n onderhoud met die uitsaaier het die bestuurder van die Polo – wat uit die vrees vir viktimisering gevra het om anoniem te bly – aan eNCA vertel die Porsche se bestuurder het hom in die gesig geslaan. Hy het gesê hy het aanrandingsaak aanhangig gemaak.

“Ek het agter hom bestuur en hy het links en regs voor mense ingery. Toe beweeg ek nader om te sien watter soort Porsche dit is toe die passasier ’n blikkie by die venster na my uitgooi,” het die man gesê.

“Hy het toe ’n ander blikkie gegooi, wat my motor getref het. Toe het ek my toeter gedruk, hom die middelvinger gewys en gevra wat hy dink hy doen.”

Die aanvaller het na bewering die motorsleutels gegryp en in bosse langs die pad gegooi.

“Hy het my opsporingstelsel en kantspieël beskadig. Dit het alles so vinnig gebeur, ek het nie eers kans gehad om te dink nie,” het die man gesê.

- Sapa