Jy ken daardie gevoel van frustrasie as iemand soos ’n sot parkeer en jy wens jy kan iets daaromtrent doen.

Wel, hierdie fietsryer het.

Die video, wat in Stockholm, Swede geneem is, wys hoe ’n ongelooflike sterk man ’n klein motor wat onwettig op die fietsrylaan geparkeer staan, bloot optel en skuif.

Die fietsryer het ewe argeloos sy fiets neergesit, die motor aan sy buffer beetgekry, soos ‘n ware Simson dit opgetel en uit die pad geskuif.

Ai, kan ons hom nie maar altyd byderhand hê om hierdie parkeervrate uit die pad te kry nie?

Bronne: YouTube; news.com.au