Dis presies wat gebeur het in Chengdu-Stad in China se Shichuan-provinsie. ’n Paneelkamera was gelukkig byderhand om al die aksie vas te vang.

Die video wys hoe die bestuurder van ’n silwer Audi voor ’n Nissan Teana insny. Die Nissan-bestuurder besluit basta!, trap die versneller diep in en beland pens en pootjies (oftewel wieldop en windskerm), bo-op die Audi se enjinkap.

Polisie het ’n rukkie later opgedaag en al twee bestuurders is in hegtenis geneen.

KYK DIE VIDEO