'n Motoris van Durban het die dramatiese oomblik op sy aanboordkamera vasgelê toe 'n minibus-taxi aan die verkeerde kant van die M13-hoofweg by Field Hill net buite Durban ry berig News24

Die motoris, Wessel Jordaan, het vertel hy was besig om sy seun skool toe te neem, toe die taxi skielik in die verkeerde baan in die rigting van die aankomende verkeer verskyn. Nogal in gietende reën ook.

"Gelukkig het ek nie vinnig gery nie, want ek en my seun was besig om oor sy skooldag te gesels," het Wessel bygevoeg. Wessel het betyds uit die pad van die aankomende taxi beweeg.

Kyk hier na die video:

Bron: News24