’n Video wat deur SA Dash Cam Adventures op YouTube gelaai is, wys hoe insittendes van onderskeidelik ’n Suzuki en ’n Honda nonsens aanjaag terwyl die twee voertuie langs mekaar ry. Dit het nie lank geduur voor dinge lelik skeefgeloop het nie.

In die video kan gesien word hoe die passasiers by die motors uithang en aan mekaar probeer raak.

Die gebeure by Imam Haron-straat, Claremont is deur ’n paneelbordkamera vasgelê.

Die bestuurder van die Suzuki het verby die Honda gejaag – en beheer oor die motor verloor. Byna-byna is ’n aankomende motor rakelings getref deur die idiotiese optrede, maar die lamppaal was nie so gelukkig nie. Dis te pletter gery.

KYK DIE VIDEO HIER: