Volgens 'n ooggetuie, wat die drama op sy selfoonkamera vasgelê het, moes die fietsryer wat voor in die bondel gejaag skielik uitswaai vir 'n voertuig wat dubbelparkeer het in Beach-weg.

Die fietsryer het woedend reageer en die motoris met pepersproei gespuit en toe met sy vuiste bygedam.

Op die video, wat deur die motortydskrif CAR bekom is, kan ook gesien word hoe ‘n ander man sy fiets se voorwiel gebruik om die motoris by te kom.

Volgens CAR het die motoris glo ‘n aanrandingsklag by die polisiekantoor in Seepunt ingedien.